‘n Gras van Afrika, vir Afrika

(Rhodesgras bied uitstekende en smaaklike weiding vir vee en het goeie hergroei)

Rhodesgras (Chloris gayana) is ’n blaar­ryke, kortlewende, meerjarige gras wat afkomstig is van die oewer van die Zambezi-rivier. Dit is ’n subtropiese gras wat deur middel van uitlopers versprei en het die vermoë om vinnig te vestig, die grond te bedek en sodoende ook erosie te bekamp.

 

Rhodesgras is wyd aan­pasbaar en word gebruik vir hooimaak, somerweiding, grondherstel en meerjarige-gewas-rotasies in subtropiese en tropiese gebiede.

 

Dit is baie smaaklik vir be­weiding met vee en het goeie hergroei. Dit is ook geskik vir perde en skape omdat dit strawwe beweiding kan deur­staan en nie maklik stokkerig raak nie.

 

Navorsing dui op ’n drakrag van 2 GVE/ha/jaar onder droëlandtoestande. Rhodes­gras moet in die regte stadium bewei word vir optimale diere­produksie. Die mikpunt is om ’n balans te vind tussen gehalte en opbrengs. Hierdie stadium verskil van plek tot plek en word deur die bemestingspro­gram beïnvloed.

 

In die gemiddelde somerreëngebied is die balans ’n wei­dingrotasie van ongeveer vier weke, soos gesien kan word in (Grafiek 1).

 

Om die leeftyd van die gras te verbeter, word aanbeveel om dit een keer per seisoen saad te laat skiet om die saadbank in die grond op te bou.

 

Rhodesgras pas uitstekend in ’n gewasrotasie van twee tot vier jaar. Dit is standaard­praktyk vir tabakboere in Suid-Afrika om dit te gebruik in rotasie met ander kontant­gewasse. Die gras pas goed in dié stelsel omdat dit maklik vermeerder, koolstof in die grond opbou, as ekstra voer vir vee dien en die voordeel het dat dit nie ’n gasheer vir knop­wortel-aalwurm is nie.

 

Endura is Barenbrug se nuwe vlagskip-rhodesgras wat uit die kultivar Tolgar geselekteer is, met ’n beter stoelvermoë en verhoogde blaar-tot-stingel-verhouding. Endura het dunner stingels en ’n hoër soutverdraagsaam­heid as die bekende kommer­siële kultivar Katambora. Endura is geteel vir optimale diereproduksie, het ’n beter langlewendheid as die ander kultivars, met ’n groot klem op gehalte. Die boer kan Endura benut voor die aanvang van vroeë blom om die meeste uit die gras te kry vir sy diere.

 

Die verteerbaarheid van die gras is besonder goed met ’n laer neutraalbestande vesel en hoër proteïeninhoud as Katambora (sien Grafiek 2).

 

Die neutraalbestande vesel en ruvesel dui daarop dat Endura baie makliker verteerbaar is. Die hoër proteïeninhoud toon ook die gras is voedsamer. Endura is later as ander kulti­vars, wat beteken dit bly langer vegetatief en behou dus gehal­te tot later in die seisoen.

Rhodesgras is ’n inheemse en aanpasbare gras wat uiters geskik is vir Afrika en plaaslike toestande. Met nuwe kultivars, soos Endura, se gehalte is dit die verstandige keuse vir jou volgende rhodesgras-aanplan­ting, veral as optimale diere­produksie jou doel is.

 

Kontak jou naaste Baren­brug-verteenwoordiger vir nog inligting.

 

 

Mnr. Abel Nell, +27 (0)71 164 6496, ahgnell@barenbrug.co.za