WESTERWOLD RAAIGRAS WAT WERK

Ribeye en Maximus is welbekende Barenbrug Westerwold raaigrasse met verskeie gebruike in verskillende boerdery stelsels. Dit is een van die vinnigste maniere om voer te produseer vir oorwintering en dit is ook ‘n ideale komponent in “backgrounding” en “intercropping” stelsels waar Westerwold raaigras as ‘n dekgewas gebruik word.

 

TOP WEIDING

Meeste melkplase is gewoond daaraan om Ribeye en Maximus te gebruik om hul herfs en winter voervloei probleme op te los. Dit is te danke aan die vinnige vestiging en groei van Westerwold raaigras. Boere kan seisoenale opbrengste van 8-12 ton/ha droë materiaal (DM) verwag op ‘n monokultuur aanplanting van 25-30kg/ha. Westerwold raaigras se uitstekende voedingswaarde word beklemtoon wanneer dit met ander eenjarige grasse soos hawer vergelyk word, sien Tabel 1. ‘n Ander effektiewe manier om Ribeye en Maximus in jou weidings te kry is om dit oor te saai in bestaande weiding soos lusern of sigorei lande waar die produksie besig is om af te neem. Sodoende verhoog jy nie net die produksie potensiaal nie, maar skerm jy ook jou weiding platform van onkruid indringing waar jou plantestand laag is.

 

Tabel 1. ‘n Voedingswaarde vergelyking van raaigras en hawer weiding.

 

 

Raaigras

Hawer

DM (%)

16-18

15-25

ME (MJ/kg DM)

11-13

9-10.5

RP (%)

20-25

16-24

NVV (%)

38-48

50-55

* wissel met verskillende grond, klimaat kondisies, bestuur en variëteite.

 

“INTERCROPPING”

Die term verwys na wanneer jy twee of meer gewasse vir verskillende doele op dieselfde tyd plant. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is om ‘n kontant gewas soos mielies by ‘n V5 stadium in te saai met Ribeye en Maximus. Na afloop van die mielie oes het die produsent die voordeel van ‘n gevestigde weiding vir sy vee. Hierdie praktyk help ook met vog bestuur in ‘n baie nat seisoen en die oppervlak bedekking hou voordeel in vir grond organismes.

 

“BACKGROUNDING”

Voordat vee na voerkrale geskuif word is dit voordelig om hul op goeie kwaliteit weiding af te rond. Speen kalwers bou ‘n sterker skelet raam en meer spiermassa op weidings inplaas van vet wat hul by ‘n voerkraal op ʼn vroeë ouderdom sou optel. “Backgrounding” op ‘n Westerwold raaigras is nie net ‘n meer natuurlike manier van afronding nie, maar dis ook goedkoper as voerkraal konsentrate. Dit bied boere ook die geleentheid om te kapitaliseer op beter pryse a.g.v. meer buigsaamheid om te besluit wanneer hul vee bemark moet word. Produsente kan ‘n gemiddelde daaglikse toename van 0.5-1.2kg/GVE verwag wanneer die praktyk toegepas word.

 

UITSTAADE KENMERKE

Westerwold raaigrasse soos Ribeye en Maximus is bekend vir hul vinnige vestiging en hoë produksie in ‘n relatief kort groeiseisoen. Dit is hierdie kern eienskap wat beide variëteite ideaal geskik maak binne ‘n mielie verbouing stelsel. Beide variëteite reageer goed op stikstof toediening en kan selfs gebruik word as kuilvoer. ‘n Verdere voordeel van Westerwold raaigras is hul vermoë om ‘n groot wortelstelsel te ontwikkel wat nitrate in die grond baie effektief benut. Beide variëteite is ‘n goedkoop opsie vir vinnige, hoë kwaliteit voer vir meeste weiding stelsels.

 

 

Deur Jean-Alex Swart, Barenbrug se tegniese bestuurder in die Oos-Kaap

aswart@barenbrug.co.za ; 076 368 3684