Is Brassicas die antwoord op jou voervloei probleme in die warm somers en koue winters?

*Soos gepubliseer in Landbouweekblad - 'n September uitgawe

 

“Ek was verbaas met die teruggroei vermoë, elke keer as ek dink ‘n kamp is opgevreet dan kom die raap weer terug. Ek het op sekere kampe 3 weidings uitgekry” – Anoniem, Humansdorp - Barkant, knolraap

 

Boere se grootse kop-krap oomblikke is na die sogenaamde “spring flush” verby is, as die meerjarige weidings se produksie onder druk is oor die warm somer, asook in die koue winter maande waar die groei relatief stil staan. Met voertipe brassicas kan jy daardie probleme oorkom. Voertipe brassicas presteer in warm asook koue temperature en is vreeslik gehard om die uiterstes te kan hanteer.

Gedurende stres periodes sien ons dat weidings se kwaliteit oor die algemeen afneem en dit gaan gepaard met ‘n daling in die verteerbaarheid asook die Metaboliese Energie(ME) (energie wat in die vee agterbly vir groei en ander prosesse soos melk produksie). Dit is hier waar voertipe brassicas ‘n groot verskil kan maak.

 

Brassicas se verteerbaarheid is tussen 80-90% (lusern: ±75%) met ME vlakke tussen 12-13 MJ/kg droëmateriaal. Ru-proteïene is gewoonlik tussen 12-16% wat baie goed is vir hetsy gewigstoename in vee of melk produksie. Die veselvlakke van brassicas is wel beperk, daarom is dit belangrik vir vee om ten minste 10-15% hooi inname te kry as deel van hul daaglikse dieët.

 

Met ‘n goed gebalanseerde dieet en toegang tot skoon water, kan groot gewigstoenames verwag word. Lammers: 250g-350g/kop/dag en Kalwers: 1-1.7kg/kop/dag.

 

“Met die koue winter het ek gedurende die een week vir drie dae elke oggend ryp gekry. Ek kon nie glo dat die plant groen gebly het en nie gevrek het nie” – Anoniem, Tsitsikamma - Barcoli, voerraap

 

Dit is egter belangrik dat die regte brassica gebruik word. Daar word op drie populêre voertipe brassica spesies in Suid-Afrika gekokus, naamlik: Voerraap (Brassica napus), Knolraap (Brassic rapa) en Voerradys (Raphanus sativus).

 

Die voerraap spesie het ‘n geweldige hoeveelheid blaarmassa asook ‘n sterk veselagtige wortelstelsel en verkies ‘n leem-klei grondtipe. Hoewel dit wyd aangepas vir meeste grondtipes is dit ook goed om te weet dat meer verdraagsaam is teenoor hoër sout vlakke. Voerraap spesies is wel sensitief vir suurgronde waar die pH laer is as 6.  ʼn Minimum waterbehoefte van 450mm sal bo gemiddelde opbrengste verseker, maar gegewe die agressiewe wortelstelsel kan dit diep gaan soek vir vog indien nodig.  

 

Die beste planttyd vir rape is tussen Oktober en Februarie en moet verkieslik gedoen word teen ‘n saaidigtheid van 4-5kg/ha in skoon stande en 1-1,5kg/ha in mengsels. Die lae saaidigtheid van raap maak dit ‘n uitstekende opsie vir koedkoop kwaliteit voer. Die eerste beweiding kan binne 90-110 dae gedoen en in skoon stande moet daar verkieslik strookbeweiding toegepas word. Dit gaan verseker dat daar minimum verstrapping plaasvind en dit gaan help om die oorgangsfase in voer by die diere te bestuur. Voerrape het goeie hergroei vermoë en kan oor ‘n seisoen enige iets tussen 4 en 8 ton droë materiaal (DM) /ha produseer.

 

Knolrape en voerradyse het ook baie blare vir beweiding, maar wat dit uniek maak is die uiterse groot knol of silindriese wortel wat omtrent helfte bo die grond sit wat bewei kan word. Die knolrape en radyse is meer aangepas vir sanderige-leem gronde. Vir knolraap is ‘n los grondtipe nodig vir die knol om optimaal te groei, terwyl die silindriese wortel tipe wel kan help om kompakte grond te breek. Optimale planttyd is tussen Oktober en November vir knolrape en tussen Januarie en Maart vir radyse. “n Minimum van 500mm deur die seisoen sal bo gemiddelde opbrengste verseker en beide se saaidigtheid 4-5kg/ha skoonstand. Benutting kan tussen tussen 70 en 90 dae geskied vir die eerste beweiding en produksie potensiale van 7-14t DM/ha vir knolrape en 6-11mt DM/ha vir radyse is haalbaar. Dit is belangrik om die knolle te benut voor 110 dae, anders kan dit begin sponserig wat smaaklikheid kan affekteer.

 

“Ek was verstom om die grootte van die knolle te sien en hoe die koeie dit gevreet het, asof dit ‘n stuk koek was” – Anoniem, Cradock area - voerradys

 

Brassicas hou voordele vir grond en omgewing in. As gevolg van die groot blaarmassa dien dit as ‘n uitstekende dekgewas wat water evaporasie verminder en help ook om grondtemperature gematig te hou vir grond organismes se voortbestaan. Voerraap help met stikstof loging in jou grond profiel, terwyl ‘n silindriese tipe radys help met breking van kompakte grond. Beide help ook om onkruide op ‘n natuurlike manier te onderdruk.

 

Brassicas kan benut word deur enige soort vee, maar indien ‘n brassica dieët nuut is op die plaas is dit belangrik om vee stadig bekend te stel aan die nuwe voer om verskeie diere gesondheidsprobleme te voorkom. Dit moet verkieslik nie die eerste wei van die dag vir die diere wees nie, begin verkieslik met hoë vesel gewasse. Die oorgangsfase moet in die eerste week ook noukeurig bestuur word tot die diere gewoond is aan die brassicas. Beperk dus benuttingstyd met 1-2ure per dag. Wanneer melk koeie op brassicas wei is dit belangrik dat hul nie direk na die weiding melk nie omdat daar ‘n kans is dat die kleur van die melk geaffekteer kan word.

 

Voertipe brassica spesies is ‘n ideale aanvullende voer opsie wanneer weidings se kwaliteit en kwantiteit daal. Hierdie waardevolle bydrae veral gedurende die warm somers en koue winters ervaar en dit ka ongelooflike druk van jou voer rekening afhaal.

 

Vir verder tegniese navrae kontak Alex Swart: aswart@barenbrugsa.co.za, 076 368 3684