Produseer jy genoeg weiding wanneer dit die noodsaaklikste is?

*Soos gepubliseer die 6de Mei 2021 in die Toonvenster-bylaag, Landbouweekblad

Dit is klaar ‘n goeie prestasie as jy ‘n hoë totale raaigras produksie kan handhaaf oor ‘n aantal maande, maar dit is baie uniek as ‘n groot gedeelte daarvan oor die kritieke maande van die jaar plaasvind. Voldoende raaigras produksie bly ‘n uitdaging oor die koue winter- sowel as die warm en meestal droë somer maande. Hoe spreek ons hierdie uitdagings aan? Sorg vir ‘n voerbank met voldoende kwaliteit kuilvoer, of neem meer ingeligde besluite rondom kultivar keuse as dit by intensiewe weidings kom.

TabuPlus is die nuutste Italiaanse raaigras vrystelling uit Barenbrug Nieu-Seeland se raaigras teelprogram en het veral opslae gemaak in die Nieu-Seelandse “Forage Value Index” as die enigste raaigras wat vyf sterre kry vir besondere produksie oor die koue maande. Hierdie prestasie het nie slegs te doen met die besondere produksie vermoë gedurende die koue maande nie, maar beklemtoon ook die winsgewendheid van TabuPlus teenoor ander kommersiële kultivars.

Hoewel TabuPlus geklassifiseer word as ‘n eenjarige Italiaanse raaigras, het ons in die Outeniqua proewe gesien dat dit volhoubaar produseer tot diep in die somer met ‘n verhoogde produksie van 13% bo die naaste kultivar in die tweede herfs. Hierdie volhoubaarheid oor die warmer maande, ‘n vinnige vestiging vermoë in die herfs en die besondere produksie vroeg in die koue maande is juis die kern eienskappe wat TabuPlus so uniek maak.

Met die voortdurende wisselvalligheid van Suid-Afrika se klimaatstoestande gaan TabuPlus verseker ‘n meer stabiele produksie voordeel in jou weiding platvorm verseker. Ons ervaar ook dat TabuPlus se produksie eienskappe dit meer aanpasbaar maak vir lam tye asook die afronding van lammers.

 

“Meer grasproduksie vroeg in die seisoen vul voervloeigapings gedurende die winter maande!”  

 

TabuPlus sal gemaklik inskakel by meeste weidingstelsels en weens ‘n unieke regop groeiwyse is dit ook uiters geskik vir mengsels en as gras kuilvoer. Rooi- en wit klawer, eenjarige klawer, baster raaigras, kruie en hawer is van die gewasse wat uitstekend met TabuPlus kombineer.  

Verder tot die uniekheid van hierdie gras is sy vermoë om in ‘n relatief kort tydperk ‘n groot volume wortels te produseer. Dit dra nie net by tot die suksesvolle somer produksie potensiaal nie, maar verseker maksimum grondprofiel benutting van voedingstowwe en vog. Ons weet ook dat ‘n groter wortelbiom vele voordele inhou vir vriendelike grond mikrobes wat gesonder plante en diere tot gevolg het.

“Gelukige grond huisves gelukkige plante wat die gesondheid en produksie van diere ‘n hupstoot gee!”

 

“Ons probeer altyd om te verbeter op ons beste kultivars, maar soos dit met plantteling gaan is dit nie so eenvoudig nie. TabuPlus het vir Tabu vervang en dit was nie maklik nie. Tabu was reeds gekenmerk deur ‘n hoë produksie potensiaal, digte diploïede groeiwyse en volhoubare produksie, so ‘n opvolger moes besondere eienskappe hê. Die vestiging spoed van TabuPlus, gekombineer met al die ander voordele was die deurbraak waarna ons gesoek het en kan ons vandag ‘n baie besondere raaigras aan ons kliënte bied.”

(Courtney Inch, Barenbrug Nieu-Seeland raaigras teler)

 

Ons strewe daarna om diere produksie natuurlik te verhoog en lewer sodoende ons bydrae tot ‘n groener en gelukkiger omgewing. TabuPlus is weereens ‘n bewys dat dit vir ons belangrik is om behoeftes van produsente aan te spreek en die nodige oplossings te vind sodat daar meer winsgewend geboer kan word.